Koors

Koors
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Analoog termometer wat gebruik word om 'n persoon se liggaamstemperatuur te meet
'n Analoog termometer wat gebruik word om 'n persoon se liggaamstemperatuur te meet
ICD-10 R50
ICD-9 780.6
DiseasesDB 18924
MedlinePlus   003090
eMedicine med/785
MeSH D005334
Mediese waarskuwing

Koors, of beheerde hipertermie, is wanneer 'n mens se liggaamstemperatuur bo die normale omgewing van 36-38°C styg. 'n Verhoogde liggaamstemperatuur (of koors) is een van die maniere waarop die immuunstelsel infeksie bekamp aangesien sekere mikroorganismes soos bakterië en fungi nie kan funksioneer teen die hoër temperature nie.

Gewoonlik help die styging in liggaamstemperatuur die individu om 'n infeksie op te los, maar indien dit bo 41°C styg kan dit lewensgevaarlik wees.

Koors word gereguleer deur die temperatuurbeheersentrum van die brein. Verskillende soorte koors kan onderskei word en die verloop van die koors kenmerk soms 'n bepaalde siekte. Koors is dus 'n simptoom en suksesvolle behandeling, indien nodig, berus op die identifikasie en bekamping van die oorsaak van die siekte.

Net soos alle soogdiere beskik die mens se liggaam oor die vermoë om sy liggaamstemperatuur binne ʼn betreklik beperkte gebied konstant te hou, ondanks veranderinge in die omgewingstemperatuur. Onder liggaamstemperatuur word verstaan die temperatuur van die binneste dele van die liggaam soos die lewer, brein, dermkanaal, ensovoorts.

Die temperatuur van die dele is gewoonlik hoër as die van die vel en dit wissel onder normale omstandighede van 'n gemiddelde van 37.5 °C. Om die toestand te handhaaf, moet die produksie van warmte in ewewig wees met die verbruik en afgee daarvan. Warmte word egter nie slegs in die liggaam self geproduseer nie, maar kan ook uit die omgewing opgeneem word deur die direkte absorpsie van warmte vanaf 'n eksterne hittebron, soos die son of 'n verwarmer.

Die produksie van warmte vind plaas deur middel van metaboliese prosesse in die liggaam. Sekere organe soos die lewer en die hart het 'n betreklik konstante warmteproduksie. Die hoeveelheid warmte wat spiere produseer, verskil daarenteen aansienlik. Spiere produseer veel minder warmte in 'n rustende as in ʼn werkende toestand. Die warmteproduksie by 'n volwasse man in rus is ongeveer 7 140 kJ per 24 uur, terwyl dit tydens harde werk maklik kan opskuif na 12 600 kJ of selfs meer.

Die warmteproduksie by ʼn vrou is ongeveer 10 tot 15% minder. Die liggaam verloor warmte deur uitstraling, deur geleiding na die omgewing en deur verdamping (die omsetting van water in waterdamp aan die veloppervlak en in die longe). Tydens verdamping kan sweetdruppeltjies op die vel gesien word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search